SAGARIA 1:12
SAGARIA 1:12 Bybel vir almal (ABA)
Die Engel van die Here het toe gepraat en gesê: “Here, U wat oor alles regeer, U is 70 jaar lank kwaad vir die mense van Juda en Jerusalem. U moet asseblief weer goed wees vir hulle.”
SAGARIA 1:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop het die Engel van die HERE aangehef en gesê: HERE van die leërskare, hoe lank nog bly U sonder ontferming oor Jerusalem en oor die stede van Juda waarop U alreeds sewentig jaar vertoornd was?
SAGARIA 1:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê die engel wat vir my die gesig moes uitlê, die engel van die Here: “Here, Almagtige, hoe lank gaan dit nog duur voordat U U weer oor Jerusalem en die stede van Juda ontferm? U toorn rus nou al sewentig jaar op hulle!”
SAGARIA 1:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarop het die engel van die HERE weer gepraat en gevra: “HERE, Heerser oor alle magte, hoe lank gaan U nog u ontferming weerhou van Jerusalem en die dorpe van Juda, teen wie U nou al sewentig jaar lank ontstoke is?”
SAGARIA 1:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe antwoord die engel van die HERE en sê: HERE van die leërskare, hoe lank sal U nie barmhartig wees oor Jerusalem en oor die stede van Juda waarteen U hierdie tien en sestig jaar lank verontwaardig was nie?