SAGARIA 1:11
SAGARIA 1:11 Bybel vir almal (ABA)
Die mense op die perde het gepraat met die Engel van die Here, die Man wat tussen die mirtebome gestaan het. Hulle het gesê: “Ons was oral op die aarde, en alles is stil en rustig op die aarde.”
SAGARIA 1:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop het hulle die Engel van die HERE, wat tussen die mirtebome gestaan het, toegespreek en gesê: Ons het die aarde deurkruis, en kyk, die ganse aarde is stil en rustig.
SAGARIA 1:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die ruiters sê toe vir die engel van die Here, vir die engel wat tussen die mirte was: “Ons hét die wêreld deurkruis, en die hele wêreld is rustig en stil.”
SAGARIA 1:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En hulle het die •engel van die HERE wat tussen die mirtestruike gestaan het, geantwoord en gesê: “Ons het die aarde deurkruis, en kyk, die hele aarde is stil en rustig.”
SAGARIA 1:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het die engel van die HERE wat tussen die mirtebome gestaan het, geantwoord en gesê: Ons het die aarde heen en weer gewandel, en kyk, die hele aarde sit stil en rus.