SAGARIA 1:10
SAGARIA 1:10 Bybel vir almal (ABA)
Die man wat tussen die mirtebome gestaan het, praat toe en sê: “Die Here het daardie mense gestuur. Hulle moet gaan kyk wat oral op die aarde gebeur.”
SAGARIA 1:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die man wat tussen die mirtebome gestaan het, het aangehef en gesê: Dit is hulle wat die HERE gestuur het om die aarde te deurkruis.
SAGARIA 1:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe praat die man wat tussen die mirte was. Hy het gesê: “Dit is die ruiters wat deur die Here uitgestuur is om die wêreld te deurkruis.”
SAGARIA 1:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die man wat tussen die mirtestruike staan, het geantwoord en gesê: “Dit is die ruiters wat die HERE gestuur het om die aarde te deurkruis.”
SAGARIA 1:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die man wat tussen die mirtebome gestaan het, het geantwoord en gesê: Dit is hulle wat die HERE gestuur het om deur die aarde te gaan.