SAGARIA 1:1-6
SAGARIA 1:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
In die agste maand van die tweede regeringsjaar van Darius het die woord van die Here gekom tot die profeet Sagaria seun van Berekja, seun van Iddo: Die toorn van die Here het oor julle voorvaders losgebreek. En nou moet jy vir jou volk sê: So sê die Here die Almagtige: Bekeer julle tot My, sê die Here die Almagtige, dan sal Ek weer by julle wees, sê die Here die Almagtige. Moenie soos julle voorvaders wees nie. Die profete van vroeër het hulle aangespreek en gesê: “So sê die Here die Almagtige: Bekeer julle van julle slegte lewe en julle slegte dade!” Maar hulle was ongehoorsaam, hulle het hulle nie aan My gesteur nie, sê die Here. Waar is julle voorvaders nou? En die profete? Leef húlle vir altyd? Het die uitsprake, die voorskrifte wat Ek my dienaars die profete laat maak het, dan nie julle voorvaders ingehaal nie? Hulle moes erken: Die Here die Almagtige het met ons gedoen wat Hy Hom voorgeneem het om met ons te doen, presies volgens ons lewe en ons dade.
SAGARIA 1:1-6 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het met die profeet Sagaria gepraat. Dit was in die tweede jaar nadat Darius koning geword het, in die agste maand. Sagaria was die seun van Berekja en Berekja was die seun van Iddo. Die Here het gesê: “Ek was baie kwaad vir julle voorvaders. Jy moet vir die mense van Juda sê: Die Here wat oor alles regeer, sê: Julle moet terugkom na My toe, dan sal Ek na julle toe terugkom. Julle moenie doen wat julle voorvaders gedoen het nie. Die profete wat daardie tyd gelewe het, het julle voorvaders gewaarsku. Hulle het gesê die Here wat oor alles regeer, sê: Julle moet ophou om verkeerd te lewe en verkeerd te doen. Maar julle voorvaders het nie geluister na My nie. En waar is hulle nou? Hulle is dood. Ook profete lewe nie vir altyd nie. Ek het vir die profete, my dienaars, gesê wat hulle vir julle voorvaders moet sê, en dit het alles gebeur. Julle voorvaders het na My toe teruggekom en gesê: ‘Die Here wat oor alles regeer, het gesê Hy sal ons straf omdat ons verkeerd lewe en verkeerd doen, en Hy hét ons gestraf.’ ”
SAGARIA 1:1-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
IN die agtste maand, in die tweede jaar van Daríus, het die woord van die HERE gekom tot Sagaría, die seun van Berégja, die seun van Iddo, die profeet, en gesê: Die HERE was baie vertoornd op julle vaders. So moet jy dan aan hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare: Keer terug na My, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare. Moenie soos julle vaders wees nie, tot wie die vroeëre profete geroep en gesê het: So sê die HERE van die leërskare: Bekeer julle tog van julle bose weë en julle bose werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister nie, spreek die HERE. Julle vaders — waar is hulle? En sal die profete vir ewig lewe? Maar my woorde en my insettinge wat Ek my knegte, die profete, beveel het, het dit julle vaders nie ingehaal nie, sodat hulle tot inkeer gekom en gesê het: Soos die HERE van die leërskare Hom voorgeneem het om aan ons te doen ooreenkomstig ons weë en ons werke, so het Hy met ons gedoen?
SAGARIA 1:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
In die agste maand van die tweede regeringsjaar van Darius het die woord van die Here gekom tot die profeet Sagaria seun van Berekja, seun van Iddo: Die toorn van die Here het oor julle voorvaders losgebreek. En nou moet jy vir jou volk sê: So sê die Here die Almagtige: Bekeer julle tot My, sê die Here die Almagtige, dan sal Ek weer by julle wees, sê die Here die Almagtige. Moenie soos julle voorvaders wees nie. Die profete van vroeër het hulle aangespreek en gesê: “So sê die Here die Almagtige: Bekeer julle van julle slegte lewe en julle slegte dade!” Maar hulle was ongehoorsaam, hulle het hulle nie aan My gesteur nie, sê die Here. Waar is julle voorvaders nou? En die profete? Leef húlle vir altyd? Het die uitsprake, die voorskrifte wat Ek my dienaars die profete laat maak het, dan nie julle voorvaders ingehaal nie? Hulle moes erken: Die Here die Almagtige het met ons gedoen wat Hy Hom voorgeneem het om met ons te doen, presies volgens ons lewe en ons dade.
SAGARIA 1:1-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In die tweede regeringsjaar van koning Darius, in die agtste maand, het die woord van die HERE gekom tot die profeet Sagaria, seun van Beregja en kleinseun van Iddo: “Die HERE was vol grimmigheid teen julle voorouers. Sê vir die mense, ‘So sê die HERE, Heerser oor alle magte: “Keer terug na My, dan sal Ek na julle terugkeer. ” Dit is die uitspraak van die HERE, Heerser oor alle magte. “ ‘Die HERE, Heerser oor alle magte, sê: “Moenie wees soos julle voorouers nie, hulle aan wie die vroeëre profete verkondig het, ‘So sê die HERE, Heerser oor alle magte: “Draai tog weg van julle verkeerde paaie en van julle verkeerde dade!” ’ Maar hulle het nie geluister en hulle nie aan My gesteur nie, is die uitspraak van die HERE.” “ ‘ “Julle voorouers, waar is hulle nou? En die profete, leef hulle vir altyd? Maar my woorde en voorskrifte, wat Ek my dienaars die profete beveel het, het dit nie julle voorouers ingehaal nie? Hulle het tot inkeer gekom en erken, ‘Soos wat die HERE, Heerser oor alle magte, beplan het om aan ons te doen, in ooreenstemming met ons lewe en ons dade, so het Hy met ons gedoen.’ ” ’ ”
SAGARIA 1:1-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In die agtste maand, in die tweede jaar van Daríus, het die woord van die HERE gekom tot Sagaria, die seun van Berégja, die seun van die profeet Iddo, en gesê: Die HERE was baie ontevrede in julle vaders. Daarom, sê jy vir hulle: So spreek die HERE van die leërskare; Bekeer julle tot My, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal tot julle bekeer, spreek die HERE van die leërskare. Moenie soos julle vaders wees nie, tot wie die vorige profete geroep en gesê het: So spreek die HERE van die leërskare; Bekeer julle tog van julle verkeerde weë en van julle bose handelinge, maar hulle het nie geluister en na My nie geluister nie, spreek die HERE. Julle vaders, waar is hulle? en die profete, leef hulle vir ewig? Maar my woorde en my insettinge wat Ek my knegte, die profete beveel het, het hulle nie julle vaders aangegryp nie? en hulle het teruggekeer en gesê: Soos die HERE van die leërskare gedink het om met ons te doen, volgens ons weë en ons handelinge, so het Hy met ons gedoen.
SAGARIA 1:1-6 Die Boodskap (DB)
In die agtste maand van die tweede jaar wat Darius koning was (dit is 520 v.C.), het die Here vir Sagaria gevra om vir sy mense ’n paar belangrike dinge te gaan sê. Hy was ’n profeet wat vir die Here gewerk het. Sy pa se naam was Berekja en sy oupa was Iddo. Die Here het vir die mense van Juda gesê: “Ek is baie kwaad vir julle voorouers! Ek is die Here en Ek het mag oor alles en almal. Ek sê: Kom terug na My toe en dien My weer. Julle kan weer my volk wees. Moenie soos julle voorouers maak nie. My profete het vroeër vir hulle gesê dat hulle moet ophou om so verkeerd te lewe en slegte dinge te doen. Maar hulle het nie geluister nie en op hulle eie manier aangegaan. Julle voorouers en daardie profete is lankal dood. Maar my profete het die waarheid gepraat. Alles wat hulle vir julle voorouers gesê het, het toe net so gebeur.” Hulle het toe besef dat die Here nie leuens vertel nie. Wat Hy besluit het om met hulle te doen het gebeur. Hulle moes saamstem: hulle het gekry wat hulle verdien het. Hulle het die verkeerde dinge gedoen.
SAGARIA 1:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Gedurende die middel van herfs, in die tweede jaar van koning Darius se regering, het die HERE hierdie boodskap aan die profeet Sagaria, die seun van Berekja, die kleinseun van Iddo, gegee. “Ek, die HERE, was baie kwaad vir julle voorgeslagte. Sê daarom vir die volk: ‘Dit is wat die HERE, die Almagtige, sê: Draai om na My toe en Ek sal na julle toe omdraai, sê die HERE, die Almagtige.’ “Moenie soos julle voorgeslagte wees wat nie wou luister nie toe die profete van vroeër vir hulle gesê het: ‘Dit is wat die HERE, die Almagtige, sê: Draai om van julle verkeerde pad en hou op met al julle slegte dade.’ “Julle voorgeslagte en hulle profete is nou lankal reeds dood. Al die dinge wat Ek deur my dienaars die profete gesê het, het met julle voorgeslagte gebeur, net soos Ek gesê het dit sou gebeur. As gevolg hiervan het hulle tot bekering gekom en gesê: ‘Ons het van die HERE, die Almagtige, ontvang wat ons verdien het. Hy het gedoen wat Hy gesê het Hy sal doen.’”