RUT 4:9
RUT 4:9 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê Boas vir die leiers en vir almal wat daar was: “Julle is vandag die getuies dat ek by Naomi alles koop wat aan Elimelek en aan Maglon en Kiljon behoort het.
RUT 4:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê Boas aan die oudstes en al die mense: Julle is vandag getuies dat ek alles wat aan Eliméleg en alles wat aan Giljon en Maglon behoort het, uit die hand van Naómi koop.
RUT 4:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hierop sê Boas vir die leiers en almal teenwoordig: “Julle is vandag getuies dat ek alles wat aan Elimelek en Kiljon en Maglon behoort het, van Naomi gekoop het en dat
RUT 4:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarop sê Boas vir die oudstes en al die mense: “Vandag is julle getuies dat ek alles wat aan Elimeleg en alles wat aan Kiljon en Maglon behoort, by Naomi oorneem.
RUT 4:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Boas aan die oudstes en aan die hele volk: Vandag is julle getuies dat ek alles wat aan Elimeleg en alles wat aan Kiljon en Maglon behoort het, uit die hand van Naomi gekoop het.