RUT 4:15
RUT 4:15 Bybel vir almal (ABA)
Ons bid dat hy jou gelukkig sal maak en vir jou sal sorg wanneer jy oud is. Hy is die kind van jou skoondogter wat baie lief is vir jou en wat vir jou beter is as sewe seuns.”
RUT 4:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy sal vir jou een wees wat jou siel verkwik en jou grysheid versorg; want jou skoondogter wat jou liefhet, het hom gebaar, sy wat vir jou meer werd is as sewe seuns.
RUT 4:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
en mag hy vir jou vreugde bring en jou op jou oudag versorg. Jou skoondogter wat jou liefhet en wat vir jou meer werd is as sewe seuns, het hom in die wêreld gebring.”
RUT 4:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Mag hy jou lewenslus herstel en jou versorg op jou oudag. Jou skoondogter, wat jou liefhet, het hom in die wêreld gebring, sy wat vir jou meer werd is as sewe seuns. ”
RUT 4:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sal vir jou 'n hersteller van jou lewe en 'n voeder van jou ouderdom wees, want jou skoondogter wat jou liefhet, wat vir jou beter is as sewe seuns, het hom gebore.
RUT 4:15 Die Boodskap (DB)
Jou skoondogter het jou baie lief. Sy het meer vir jou gedoen as wat sewe seuns ooit sou kon doen. Mag hierdie kleinseun wat sy nou vir jou gegee het, jou weer opgewonde oor die lewe maak omdat jy weet dat daar iemand sal wees wat vir jou sal sorg as jy die dag oud is.”