RUT 3:7
RUT 3:7 Bybel vir almal (ABA)
Boas het lekker geëet en gedrink en hy het gelukkig gevoel. Hy het gaan lê en slaap langs die hoop gars. Rut het saggies gekom en sy kombers opgetel en by sy voete gaan lê.
RUT 3:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Nadat Boas geëet en gedrink het, en sy hart vrolik was, en hy gaan slaap het by die ent van die hoop, het sy stilletjies gekom en sy voetenent oopgemaak en gaan lê.
RUT 3:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nadat Boas geëet en gedrink het, was hy baie vrolik en het hy langs die mied gaan lê. Rut het toe stilletjies gekom, sy voete oopgemaak en by sy voete ingekruip.
RUT 3:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nadat Boas geëet en gedrink het, en sy hart vrolik was, het hy aan die kant van die hoop graan gaan lê. Sy het stilletjies nader gegaan, sy voete oopgemaak en daar gaan lê.
RUT 3:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Boas geëet en gedrink het en sy hart vrolik was, het hy gaan lê by die punt van die hoop koring; en sy het sag gekom en sy voete oopgemaak en haar neergelê.