RUT 3:12-15
RUT 3:12-15 Bybel vir almal (ABA)
Dit is waar dat ek 'n losser is, maar daar is 'n ander man wat nader familie is en wat ook 'n losser is. Bly vannag hier, en as hy môre sê hy sal vir jou sorg, dan is dit goed. Maar as hy dit nie wil doen nie, dan sal ek dit doen. Ek belowe dit en die Here is die getuie. Slaap nou tot môre.” Rut het by Boas se voete gelê tot die volgende oggend, maar sy het opgestaan toe dit nog donker was, want Boas het gesê niemand moet weet dat daar 'n vrou na die dorsvloer gekom het nie. Boas het gesê sy moet die doek bring wat om haar lyf is, en sy moet dit vashou. Sy het dit gedoen, en hy het ses kruike vol gars op die doek gegooi en dit op haar skouers getel. Sy het na die stad gegaan
RUT 3:12-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Nou dan, dit is sekerlik waar dat ek die losser is, maar daar is nog 'n losser, nader as ek. Bly vannag oor; en as hy jou môre wil los, goed, hy kan los; maar as hy nie lus het om jou te los nie, dan sal ék jou los, so waar as die HERE leef! Bly lê tot môre. En sy het tot die môre aan sy voetenent bly lê. Maar nog voordat een die ander kon herken, het sy opgestaan; want hy het gesê: Dit mag nie bekend word dat die vrou op die vloer gekom het nie. Daarna sê hy: Gee die tjalie wat jy om het, en hou dit oop. En sy het dit oopgehou, en hy het ses mate gars afgemeet en dit op haar gesit en die stad ingegaan.
RUT 3:12-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is waar dat ek jou losser is, maar nou is dit ook so dat daar 'n ander losser is wat nader familie is as ek. Slaap vannag hier. As hy dan môreoggend bereid is om as jou losser op te tree, goed, maar as hy nie wil nie, sal ek so seker as die Here leef, as losser optree. Bly hier tot môreoggend.” Sy het toe by sy voete bly lê tot die oggend, maar voordat dit lig genoeg was om iemand te herken, het sy opgestaan, “want,” het Boas gesê, “dit moenie bekend word dat 'n vrou na die dorsvloer toe gekom het nie.” Hy het ook gesê: “Bring die tjalie wat jy om het en hou dit oop.” Sy het dit oopgehou, en hy het ses en twintig kilogram gars vir haar daarin afgemeet en dit op haar rug getel. Hy is toe stad toe
RUT 3:12-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is nou wel waar dat ek 'n losser is, maar daar is ook 'n losser wat nader familie is as ek. Bly vannag hier. En môreoggend, as hy jou wil loskoop, goed, laat hy jou dan loskoop. Maar as hy jou nie wil loskoop nie, dan sal ek, so waar as die HERE leef, dit self doen. Bly nou maar lê tot môreoggend.” Sy het tot die môre toe by sy voete bly lê. Nog voordat 'n mens iemand anders sou kon herken, het sy opgestaan, want hy het gesê: “Dit mag nie bekend word dat 'n vrou na die dorsvloer gekom het nie.” Boas sê toe vir haar: “Gee die sjaal wat jy om het en hou dit oop.” Sy het dit oopgehou, en hy het ses mate gars daarop afgemeet en dit op haar skouer getel. Daarna is hy die dorp in.
RUT 3:12-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nou is dit waar dat ek jou naaste bloedverwant is; maar daar is 'n bloedverwant nader as ek. Bly in hierdie nag, en dit sal in die môre wees, dat as hy die deel van 'n bloedverwant aan jou verrig, goed; laat hy die deel van 'n losser doen; maar as hy nie die deel van 'n losser aan jou doen nie, dan sal ek die deel van 'n losser aan jou doen, so waar as die HERE leef; lê tot die môre toe. En sy het aan sy voete gelê tot die môre toe, en sy het opgestaan voordat die een die ander kon leer ken. En hy sê: Laat dit nie bekend word dat 'n vrou op die vloer gekom het nie. Hy het ook gesê: Bring die sluier wat jy oor jou het en hou dit vas. En toe sy dit vashou, het hy ses mate gars gemeet en dit op haar gelê; en sy het in die stad gegaan.
RUT 3:12-15 Die Boodskap (DB)
Daar is net een probleem. Dit is waar dat ek ’n familielid is wat ’n plig het om jou en jou skoonma te versorg, maar daar is iemand anders wat nog ’n nader familielid is as ek en hy is in die eerste plek vir julle verantwoordelik. Bly vannag hier. Môreoggend sal ons uitvind of hy vir jou wil sorg of nie. As hy dit wil doen, is dit goed so. So nie, sal ek met jou trou, so seker as die Here lewe, ek belowe dit. Bly nou maar hier tot môreoggend, dis veiliger.” Sy het toe daar gebly en by Boas se voete gelê en slaap tot die volgende oggend. Vroeg, nog voor sonop, het sy opgestaan en huis toe gegaan voordat iemand haar dalk kon herken. Want Boas wou in elk geval nie hê die mense moes weet ’n vrou was by die dorsvloer nie. Voor sy loop, het Boas vir haar gesê om die los baadjie wat sy bo-oor haar klere aangehad het vir hom te bring en dit op die grond oop te gooi. Hy het toe ongeveer twintig kilogram gars daarin gesit, dit toegedraai en haar gehelp om dit op te tel. Sy is toe terug dorp toe.
RUT 3:12-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daar is egter één probleem. Dit is so dat ek een van die lossers is, maar daar is ’n ander man wat nader verwant aan jou is as ek. Bly vannag hier. Môre-oggend sal ek met hom praat. As hy gewillig is om vir jou as losser op te tree, sal hy dit doen. Maar as hy nie gewillig is nie, dan sal ek so waar as die HERE leef met jou trou. Bly nou lê tot môre-oggend.” Rut het by Boas se voete bly lê tot die oggend toe. Voordat dit lig genoeg was dat mense mekaar kon herken, het sy opgestaan. Boas het vir haar gesê: “Niemand moet weet dat hier ’n vrou by die dorsvloer was nie.” Boas het ook vir haar gesê: “Bring die mantel wat jy aan het en hou dit oop.” Hy meet toe ses mate gars vir haar daarin af en help haar om dit op haar rug te tel. Daarna is Boas dorp toe.