RUT 3:11 - Compare All Versions
RUT 3:11 ABA (Bybel vir almal)
En nou, dogter, jy moenie bekommerd wees nie. Ek sal alles doen wat jy gevra het, want almal in my stad weet dat jy 'n goeie vrou is.
RUT 3:11 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Wees dan nou nie bang nie, my dogter; alles wat jy sê, sal ek vir jou doen, want die hele stadspoort van my volk weet dat jy 'n deugsame vrou is.
RUT 3:11 AFR83 (Afrikaans 1983)
Moet nou nie verder bekommerd wees nie, my dogter. Alles wat jy my vra, sal ek doen, want al die mense weet dat jy 'n goeie vrou is.
RUT 3:11 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moet dus nie bang wees nie, my dogter. Alles wat jy vra, sal ek doen. Al my mense in die dorp weet immers dat jy 'n deugsame vrou is.
RUT 3:11 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En nou, my dogter, vrees nie; Ek sal aan jou alles doen wat jy vra, want die hele stad van my volk weet dat jy 'n deugsame vrou is.
RUT 3:11 DB (Die Boodskap)
Moenie jou verder bekommer nie, ek sal doen wat jy vra. Almal in die dorp ken jou in elk geval as ’n eerlike en goeie vrou.
RUT 3:11 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Wees verseker: Jy hoef oor niks bekommerd te wees nie, my dogter. Ek sal doen wat nodig is, want almal in die dorp weet jy is ’n eerbare vrou.