ROMEINE 7:6
ROMEINE 7:6 Bybel vir almal (ABA)
Die wette het ons vasgehou, maar nou is ons soos mense wat dood is, ons hoor nie wat die wette sê nie. Ons dien nou vir God soos die Heilige Gees vir ons sê om te doen, nie soos ons voorheen gedoen het nie, want die wette regeer nie meer oor ons nie.
ROMEINE 7:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.
ROMEINE 7:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar nou is ons vrygemaak van die wet, want ons het gesterf en staan nie meer onder die wet waardeur ons gebind was nie. Nou kan ons dien in die nuwe bedeling van die Gees, nie in die ou bedeling van wetsvoorskrifte nie.
ROMEINE 7:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar aangesien ons gesterf het, is ons nou vrygestel van die wet waarin ons vasgevang was, sodat ons diensbaar kan wees in die nuwe bedeling van die Gees, en nie in die ou bedeling van die letter van die wet nie.
ROMEINE 7:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar nou is ons verlos van die wet, omdat ons dood was waarin ons aangehou was; dat ons dien in 'n nuwe gees en nie in die oudheid van die letter nie.
ROMEINE 7:6 Die Boodskap (DB)
Ons is nie meer met die wet “getroud” nie, maar met Christus. Ons kan nou regtig tot eer van God leef. Voordat ons gelowiges was, het ons al die sondes gedoen waarteen die wet ons waarsku. In plaas daarvan dat die wet die mag van die sonde in ons lewens onder beheer gebring het, het dit ons aangevuur om die vieslikste dinge aan te vang. Ons was in die voorportaal van die doderyk omdat ons daardie dinge gedoen het wat die wet verbied. Maar nou is die doodsgreep van die wet op ons lewens vir altyd gebreek. Nou hoef ons ons nie meer aan allerhande reëls op papier te hou om by God uit te kom nie. Ons het nou deel aan die nuwe lewe wat die Gees bring.