ROMEINE 7:5 - Compare All Versions
ROMEINE 7:5 ABA (Bybel vir almal)
Voorheen het ons gelewe soos mense graag lewe. Ons het God se wette geken, en daarom het ons lus geword om sonde te doen. Ons het ons liggame gebruik om dinge te doen wat ons laat sterf.
ROMEINE 7:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.
ROMEINE 7:5 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe ons nog 'n sondige lewensbestaan gevoer het, was die sondige hartstogte wat deur die wet wakker gemaak is, in elke deel van ons liggame werksaam en het ons vrugte gedra in diens van die dood.
ROMEINE 7:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe ons nog in ons sondige aard vasgevang was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons ledemate gewerk om vrug te dra vir die dood.
ROMEINE 7:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want toe ons in die vlees was, het die bewegings van sondes wat deur die wet was, in ons lede gewerk om vrug te dra tot die dood.
ROMEINE 7:4-5 DB (Die Boodskap)
My broers en susters in die Here, dieselfde geld ook vir die wet. Julle is soos mense wat nou dood is vir die wet. Daarom hoef julle nie meer die wet te hou om by God uit te kom nie. Toe Christus aan die kruis dood is, het julle mos saam met Hom doodgegaan. Julle behoort nou aan Hom wat uit die dood opgestaan het.
ROMEINE 7:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Toe ons nog in die mag van ons sondige natuur was, was die sondige drifte wat deur die wet aangewakker is, oral in ons liggame werksaam en die resultaat daarvan was die dood.