ROMEINE 7:3
ROMEINE 7:3 Bybel vir almal (ABA)
Die wette sê sy pleeg egbreuk wanneer sy 'n ander man se vrou word terwyl haar man lewe. Maar wanneer haar man dood is, dan is sy vry, die wet regeer nie meer oor haar nie. As sy daarna 'n ander man se vrou word, dan pleeg sy nie egbreuk nie.
ROMEINE 7:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom dan, as sy 'n ander man s'n word terwyl haar man lewe, sal sy 'n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie 'n egbreekster is as sy 'n ander man s'n word nie.
ROMEINE 7:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar as sy 'n ander man se vrou word so lank as haar man lewe, sal sy as 'n egbreekster beskou word. As haar man gesterf het, is sy egter vry van die wet en is sy nie 'n egbreekster as sy 'n ander man se vrou word nie.
ROMEINE 7:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gevolglik sal sy as 'n egbreekster beskou word as sy 'n ander man se vrou word terwyl haar man nog leef; maar as haar man sterf, is sy vrygestel van die wet; en as sy 'n ander man se vrou word, is sy nie 'n egbreekster nie.
ROMEINE 7:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As sy dan, terwyl haar man lewe, met 'n ander man getroud is, sal sy 'n egbreekster genoem word; maar as haar man dood is, is sy vry van daardie wet; sodat sy geen egbreekster is nie, al is sy met 'n ander man getroud.