ROMEINE 7:22-23
ROMEINE 7:22-23 Bybel vir almal (ABA)
Ek dink aan die wette van God en ek is baie lief vir hulle. Maar daar is ook ander wette in my, en hierdie ander wette baklei teen die wette van God. Ek weet sy wette is reg. Maar die wette wat in my is, het my gevang, hulle regeer oor my en hulle laat my slegte dinge doen met my liggaam.
ROMEINE 7:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens; maar ek sien 'n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.
ROMEINE 7:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, maar ek vind in my doen en late 'n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees. Dit maak my 'n gevangene van die wet van die sonde wat in my doen en late aan die werk is.
ROMEINE 7:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In my diepste wese verbly ek my oor die wet van God, maar ek sien 'n ander wet wat in my ledemate oorlog voer teen die wet van my verstand en my krygsgevange neem deur die wet van die sonde wat in my ledemate is.
ROMEINE 7:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens. Maar ek sien 'n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van sonde wat in my lede is.
ROMEINE 7:22-23 Die Boodskap (DB)
In my binneste is ek regtig bly dat ek God se wet ken. Maar wanneer ek die wet moet doen, wil die res van my liggaam nie saamwerk nie. In my doen en late geld daar dus ’n ander wet as in my binneste: die sonde. Ek is vasgevang in ’n geweldige tweestryd: aan die een kant wil ek die wet gehoorsaam met alles wat binne-in my is, maar aan die ander kant is my liggaam ’n gevangene van die sonde.