ROMEINE 7:15,19
ROMEINE 7:15 Bybel vir almal (ABA)
Ek verstaan nie wat ek doen nie. Ek wil goeie dinge doen, maar dan doen ek dit nie. Ek doen slegte dinge, dinge wat ek haat.
Romeine 7:19 Bybel vir almal (ABA)
Ja, ek doen nie die goeie dinge wat ek graag wil doen nie, maar ek doen die slegte dinge wat ek nie wil doen nie.
ROMEINE 7:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.
ROMEINE 7:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.
ROMEINE 7:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek.
ROMEINE 7:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek.
ROMEINE 7:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek verstaan my eie optrede nie: Wat ek wil, doen ek nie; maar juis wat ek haat, dit doen ek.
Romeine 7:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die goeie wat ek wil, doen ek nie; maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.
ROMEINE 7:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want wat ek doen, laat ek nie toe nie; want wat ek wil, dit doen ek nie; maar wat ek haat, dit doen ek.
Romeine Romeine 7:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die goeie wat ek wil, doen ek nie; maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.
ROMEINE 7:15 Die Boodskap (DB)
Ek kan nie verklaar hoekom ek sonde doen nie. Want ek wil dit nie doen nie. Tog doen ek dinge wat ek met my hele wese haat. Juis om hierdie rede is die wet nodig en goed.
Romeine 7:19 Die Boodskap (DB)
Die goeie dinge wat ek wil doen, doen ek nie. Maar die lelike dinge wat ek nie wil doen nie, doen ek.