ROMEINE 7:13
ROMEINE 7:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Het dit wat goed is, dan vir my die dood gebring? Hoegenaamd nie! Trouens, dit was die sonde – sodat dit sou blyk dat dit werklik sonde is – wat deur die goeie vir my die dood bewerk het. So het die sonde deur die gebod as uitermate sondig na vore getree.
ROMEINE 7:13 Die Boodskap (DB)
Hoe is dit dan moontlik dat iets wat so goed is vir my die dood bring? Is dit die wet se skuld dat ek in die mag van die dood is? Natuurlik nie. Dit is die sonde se skuld. Sonde het ook die goeie wet in sy slegte kloue beetgekry. Daarom sit ek nou in hierdie gemors. Die wet maak net van my ’n nog groter sondaar omdat ek dit nie kan gehoorsaam nie. Die wet sê vir my wat sonde is, maar keer my glad nie om dit te doen nie. Hoe tragies dat juis die wet moet wys hoe groot die mag van die sonde regtig is.
ROMEINE 7:13 Bybel vir almal (ABA)
Mag ons dan sê die wette wat goed is, het my doodgemaak? Nee, nooit nie! Dit is die sonde wat my doodgemaak het. Die sonde gebruik God se goeie wette om my dood te maak sodat almal kan weet wat die sonde is. Ja, die sonde gebruik die wette, en so word die sonde altyd meer.
ROMEINE 7:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Het die goeie dan vir my die dood geword? Nee, stellig nie! Maar wel die sonde, dat dit kon blyk sonde te wees, omdat dit deur die goeie vir my die dood bewerk, sodat die sonde deur die gebod uitermate sondig kon word.
ROMEINE 7:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Beteken dit dat iets wat goed is, vir my die dood gebring het? Beslis nie. Inteendeel, die sonde het vir my die dood gebring. Dit het die sonde gedoen deur iets wat goed is, sodat die sonde in sy ware aard as sonde bekend sou word en dit deur die gebod sou blyk hoe skrikwekkend die sonde werklik is.
ROMEINE 7:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Is dit wat goed is dan vir my die dood? Die Here behoed. Maar die sonde, dat dit sonde kan blyk, wat die dood in my bewerk deur wat goed is; sodat sonde deur die gebod uitermate sondig kan word.
ROMEINE 7:13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hoe is dit dan nou moontlik? Het dit wat goed is, naamlik die wet van Moses, dan vir my die dood gebring? Glad nie! Dis die sónde wat dit gedoen het, met die gevolg dat sy ware aard duidelik geword het. Sonde het dit wat goed is, misbruik om my dood te bewerk. So het die gebod nog soveel duideliker gemaak hoe verskriklik die sonde werklik is.