YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

ROMEINE 6:6

ROMEINE 6:6 Bybel vir almal (ABA)

Ons weet dat ons ook gekruisig is toe Christus gekruisig is. Ons was mense wat graag sonde gedoen het, maar nou is ons nie meer so nie. Ja, ons is nie meer slawe van die sonde nie

Deel
Lees ROMEINE 6

ROMEINE 6:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.

Deel
Lees ROMEINE 6

ROMEINE 6:6 Afrikaans 1983 (AFR83)

Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.

Deel
Lees ROMEINE 6

ROMEINE 6:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Dit weet ons: dat ons ou mens saam met Hom gekruisig is, sodat ons sondige bestaan tot niet gemaak kan word, en ons nie meer slawe van die sonde sal wees nie.

Deel
Lees ROMEINE 6

ROMEINE 6:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Om dit te weet, dat ons oue mens saam met Hom gekruisig is, sodat die liggaam van sonde vernietig kan word, sodat ons voortaan nie die sonde sou dien nie.

Deel
Lees ROMEINE 6

ROMEINE 6:6 Die Boodskap (DB)

Ons weet mos dat daardie sondige mens wat ons eenmaal was, kant en klaar saam met Jesus gekruisig is.

Deel
Lees ROMEINE 6

ROMEINE 6:6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Ons weet dat ons ou, sondige self saam met Christus gekruisig is sodat die sonde se mag oor ons verbreek kan word en ons nie meer slawe van die sonde sal wees nie.

Deel
Lees ROMEINE 6
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's