ROMEINE 6:5
ROMEINE 6:5 Bybel vir almal (ABA)
Christus het gesterf, en ons het soos Hy gesterf, want Hy en ons het een geword. En God het vir Christus weer laat lewe. Christus en ons het een geword, en daarom weet ons dat God vir ons ook weer saam met Christus sal laat lewe.
ROMEINE 6:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding
ROMEINE 6:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding.
ROMEINE 6:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As ons inderdaad met Hom saamgegroei het in 'n dood soos syne, sal ons ook met Hom saamgroei in 'n opstanding soos syne.
ROMEINE 6:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want as ons saam geplant is in die gelykenis van sy dood, sal ons ook in die gelykenis van sy opstanding wees.
ROMEINE 6:5 Die Boodskap (DB)
Omdat ons saam met Jesus aan die kruis doodgegaan het, sal ons beslis saam met Hom oor die dood triomfeer.