ROMEINE 6:19
ROMEINE 6:19 Bybel vir almal (ABA)
Ek weet dit is nie maklik om te verstaan wat ek vir julle sê nie, en daarom gaan ek dit nou vir julle só verduidelik: Voorheen was julle slawe van die sonde, julle het julle liggame gebruik om meer en meer slegte dinge te doen, dinge wat teen God se wette is. Maar God het julle vrygespreek, julle is nou God se slawe. Daarom moet julle nou julle liggame gebruik om die regte dinge te doen. Dan sal julle heeltemal aan God gewy wees.
ROMEINE 6:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.
ROMEINE 6:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Weens julle beperkte begrip gebruik ek 'n beeld uit die alledaagse lewe: soos julle elke deel van julle liggame in diens van sedelike onreinheid en wetteloosheid gestel het en losbandig gelewe het, so moet julle nou elke deel van julle liggame in diens van God stel om heilig te lewe.
ROMEINE 6:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
– ter wille van julle menslike swakheid praat ek in menslike terme – want soos julle julle ledemate in diens van onreinheid en losbandigheid gestel het om losbandig te leef, stel nou so julle ledemate in diens van die geregtigheid om heilig te leef.
ROMEINE 6:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek spreek soos mense vanweë die swakheid van julle vlees, want soos julle julle lede diensbaar gestel het aan onreinheid en ongeregtigheid tot ongeregtigheid; So ook nou, stel julle lede diensknegte tot geregtigheid tot heiligmaking.
ROMEINE 6:19 Die Boodskap (DB)
Verskoon maar dat ek so ’n alledaagse beeld gebruik. Dalk help dit julle om te begryp wat ek sê. Vroeër het julle julle oorgegee aan al wat sonde is. Met groot oorgawe het julle alles gedoen wat boos en sleg is. Nou moet julle met dieselfde oorgawe doen wat reg is. Leef soos mense wat eenkant geplaas is om God voltyds te dien.
ROMEINE 6:19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek praat op hierdie manier van slawe en base omdat dit makliker is om te verstaan. Voorheen het julle julle liggaamlike vermoëns diensbaar gemaak aan onreinheid en wetteloosheid en ’n wilde lewe gelei; net so moet julle nou al julle liggaamlike vermoëns aan die geregtigheid diensbaar maak en ’n lewe lei wat aan God toegewy is.