ROMEINE 6:12 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
ROMEINE 6:12 AFR83 (Afrikaans 1983)
Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie.
ROMEINE 6:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.
ROMEINE 6:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Julle moet dus nie langer toelaat dat sonde julle aardse lewe beheer nie; moenie toegee aan sy verleidelike begeertes nie.
ROMEINE 6:12 DB (Die Boodskap)
Moenie toelaat dat die sonde en sondige begeertes ooit weer ’n houvas op julle kry terwyl julle nog hier op aarde leef nie.
ROMEINE 6:12 ABA (Bybel vir almal)
Julle is vir die sonde soos mense wat dood is. Daarom moet julle nie tevrede wees dat die sonde oor julle liggame regeer nie, dit is liggame wat sal sterf. Ja, julle moenie die slegte dinge doen wat julle wil doen nie.
ROMEINE 6:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Laat die sonde dan nie langer oor julle sterflike liggaam heers, om julle sy begeertes te laat gehoorsaam nie.
ROMEINE 6:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat die sonde dan nie heers in julle sterflike liggaam, dat julle daaraan gehoorsaam sou wees in sy begeerlikhede nie.