ROMEINE 4:18
ROMEINE 4:18 Bybel vir almal (ABA)
Niemand het gedink Abraham sal die voorvader van baie nasies kan word nie, maar Abraham het geglo dit sal gebeur, want God het vir hom gesê: Jou nageslag sal groot wees.
ROMEINE 4:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy het teen hoop op hoop geglo dat hy vader sou word van baie volke volgens wat gesê was: So sal jou nageslag wees.
ROMEINE 4:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo, en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte: “So sal jou nageslag wees.”
ROMEINE 4:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het teen alle verwagting in bly hoop, en geglo dat hy die vader van baie nasies sou word, soos gesê is: “Só sal jou nageslag wees.”
ROMEINE 4:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wat teen hoop geglo het in hoop, dat hy die vader van baie nasies kon word, volgens wat gespreek is: So sal jou nageslag wees.