ROMEINE 16:20
ROMEINE 16:20 Bybel vir almal (ABA)
God wat vrede gee, sal gou die Satan oorwin, en julle sal oor die Satan regeer. Ek bid dat ons Here Jesus Christus genadig sal wees vir julle.
ROMEINE 16:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.
ROMEINE 16:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
God wat vrede gee, sal die Satan spoedig onder julle voete verpletter. Die genade van ons Here Jesus is by julle!
ROMEINE 16:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die God van vrede sal Satan spoedig onder julle voete verpletter. Die genade van ons Here Jesus bly met julle!
ROMEINE 16:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die God van vrede sal Satan binnekort onder julle voete vermorsel. Die genade van ons Here Jesus Christus sy met julle. Amen.