Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

ROMEINE 15:30 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

ROMEINE 15:30 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ek versoek julle dan dringend, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus en op grond van die liefde wat van die Heilige Gees kom: Stry saam met my deur vir my te bid

ROMEINE 15:30 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar ek vermaan julle, broeders, by onse Here Jesus Christus en by die liefde van die Gees, om saam met my in die gebede te stry vir my by God

ROMEINE 15:30 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Broers en susters, in die Naam van ons Here Jesus Christus en omdat die Heilige Gees ons in liefde saambind, smeek ek julle dringend

ROMEINE 15:30 DB (Die Boodskap)

My liewe broers en susters, ek wil tog iets belangriks vir julle vra: bid asseblief vir my! Ek vra dit in die Naam van ons Here Jesus Christus. En ek vra dit omdat die Heilige Gees ons almal met liefdesbande aan mekaar vasgebind het.

ROMEINE 15:30 ABA (Bybel vir almal)

Vriende, ons behoort almal aan ons Here Jesus Christus, en die Heilige Gees help ons om lief te wees vir mekaar. Daarom vra ek mooi vir julle, julle moet baie ernstig saam met my bid dat God my sal help.

ROMEINE 15:30 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ek smeek julle dan dringend, broers, by ons Here Jesus Christus en die liefde van die Gees, om deur julle gebede tot God saam te stry vir my

ROMEINE 15:30 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Ek smeek julle nou, broeders, ter wille van die Here Jesus Christus en om die liefde van die Gees, dat julle saam met my stry in julle gebede tot God vir my