Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

ROMEINE 15:26 – Vergelyk alle weergawes

ROMEINE 15:26 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die gemeentes in Masedonië en Agaje het dit naamlik goedgedink om iets by te dra vir die armes onder die gelowiges in Jerusalem.

ROMEINE 15:26 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want Macedónië en Acháje het dit goedgevind om iets by te dra vir die armes onder die heiliges in Jerusalem.

ROMEINE 15:26 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Julle sien, die gelowiges in Griekeland het op die goeie gedagte gekom om geld in te samel vir die armes onder die gelowiges in Jerusalem.

ROMEINE 15:26 DB (Die Boodskap)

Hierdie geld is deur Christene in die provinsies van Masedonië en Agaje vir die arm gelowiges in Jerusalem ingesamel.

ROMEINE 15:26 ABA (Bybel vir almal)

want die gelowiges in die provinsies Masedonië en Agaje het besluit om van hulle geld te stuur vir die arm gelowiges in Jerusalem.

ROMEINE 15:26 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Macedonië en Agaje het dit naamlik goedgedink om 'n bydrae te maak vir die armes onder die heiliges in Jerusalem.

ROMEINE 15:26 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want dit het die van Masedonië en Achaje behaag om 'n sekere bydrae te maak vir die arme heiliges wat in Jerusalem is.