ROMEINE 15:19
ROMEINE 15:19 Die Boodskap (DB)
Groot tekens en wonders het plaasgevind waar ek gepreek het. Dit is omdat die groot krag van die Gees by my is. Daarom kon ek die goeie nuus oor Christus van Jerusalem af tot in die noordweste van Griekeland, daar in Illirikum, uitdra.
ROMEINE 15:19 Bybel vir almal (ABA)
Die Heilige Gees het vir my krag gegee om tekens en wonderwerke te doen. Ja, ek het klaar die goeie boodskap oor Christus oral vir die mense gebring, van Jerusalem tot by die provinsie Illirikum.
ROMEINE 15:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
deur die krag van tekens en wonders, deur die krag van die Gees van God, sodat ek die evangelieverkondiging van Christus volbring het van Jerusalem af en rondom tot by Illírikum