ROMEINE 15:16 – Vergelyk alle weergawes
ROMEINE 15:16 AFR83 (Afrikaans 1983)
om in diens van Christus Jesus onder die heidennasies te werk. Dit is my priesterlike taak om die evangelie van God aan hulle te bedien, sodat daar uit die heidennasies 'n offergawe mag wees wat vir God aanneemlik is en deur die Heilige Gees geheilig is.
ROMEINE 15:16 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
om 'n dienaar van Jesus Christus onder die heidene te wees, 'n dienaar van die evangelie van God, sodat die offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees.
ROMEINE 15:16 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
’n evangeliedienaar van Christus Jesus onder die nie-Joodse nasies is. Soos ’n priester in die heiligdom bedien ek die Goeie Nuus aan julle, en so word julle ’n offer aan God met ’n lieflike geur, ’n offer wat Hy verwelkom en wat deur die Heilige Gees aan Hom gewy is.
ROMEINE 15:16 DB (Die Boodskap)
Hy het my aangestel as Christus Jesus se dienaar om onder mense te werk wat nie aan Israel behoort nie. Dit is my taak om soos ’n priester die goeie nuus van God aan hulle te bring. Hulle moet soos ’n offer voor God neergesit word, ’n offer wat God baie bly maak omdat die Heilige Gees hulle lewens nuutgemaak het.
ROMEINE 15:16 ABA (Bybel vir almal)
en Hy het my gekies om vir Christus Jesus te werk. Hy het my na die heidene toe gestuur, en my werk is om vir hulle die goeie boodskap van God te bring. Wanneer die heidene in Christus glo, dan word hulle soos 'n offer wat ek vir God gee, en God sal die offer aanvaar. Die Heilige Gees het hulle aan God gewy.
ROMEINE 15:16 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n bedienaar van •Christus Jesus aan die heidene is. Ek bedien die evangelie van God priesterlik, sodat die heidene 'n aanneemlike offer, geheilig deur die Heilige Gees, kan wees.
ROMEINE 15:16 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
dat ek die dienaar van Jesus Christus vir die heidene sou wees, wat die evangelie van God bedien, sodat die offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees.