ROMEINE 15:12 – Vergelyk alle weergawes
ROMEINE 15:12 AFR83 (Afrikaans 1983)
En Jesaja sê ook: “Isai sal 'n nakomeling hê, en Hy sal opstaan om die nasies te regeer; op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.”
ROMEINE 15:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En Jesaja sê ook: Die wortel van Ísai sal daar wees, en Hy wat opstaan om oor die nasies te heers, op Hom sal die nasies hoop.
ROMEINE 15:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
En Jesaja sê op sy beurt: “Die erfgenaam van Dawid se troon sal na vore kom en Hy sal die heerskappy oor die nie-Joodse nasies oorneem. Op Hóm sal die nie-Joodse nasies hulle hoop vestig.”
ROMEINE 15:12 DB (Die Boodskap)
Of soos Jesaja sê: “’n Baie belangrike persoon sal uit ons voorvader Isai se nageslag kom. Hy sal oor die hele aarde regeer. Almal sal hulle hoop en vertroue in Hom stel.”
ROMEINE 15:12 ABA (Bybel vir almal)
En Jesaja sê: Die koning wat van die nageslag van Isai is, sal kom, en hy sal begin om oor die heidene te regeer, die heidene sal weet dat hy hulle sal red.
ROMEINE 15:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
En Jesaja sê op sy beurt: “Daar sal 'n loot van Isai kom, en Hy sal opstaan om oor die nasies te regeer; en op Hom sal die nasies hoop.”
ROMEINE 15:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En verder sê Jesaja: Daar sal 'n wortel van Isai wees, en hy wat sal opstaan om oor die heidene te heers; op Hom sal die heidene vertrou.