ROMEINE 13:13
ROMEINE 13:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons moet welvoeglik lewe soos dit in die daglig hoort. Daar moet geen drinkery en uitspattigheid, geen ontug en onsedelikheid, geen rusie en jaloesie wees nie.
ROMEINE 13:13 Bybel vir almal (ABA)
Ons moet reg lewe soos mense van die lig, ons moenie te veel eet nie en ons moenie dronk word nie, ons moenie onsedelik lewe en net doen wat ons wil doen nie, ons moenie aanhou stry en jaloers wees nie.
ROMEINE 13:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie.
ROMEINE 13:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kom ons leef betaamlik, soos in die dag – nie met gefuif en dronkenskap nie, nie met ontug en losbandigheid nie, nie met rusie en afguns nie.
ROMEINE 13:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat ons eerlik wandel soos in die dag; nie in oproer en dronkenskap, nie in kamer en losbandigheid nie, nie in twis en afguns nie.
ROMEINE 13:13 Die Boodskap (DB)
Ons moet dadelik ophou met al ons sondes wat tot die donker hoort en begin leef soos mense van die dag wat God se wapens van die lig aanhet. Ons moet net doen wat God sê. Skandelike dinge soos uitspattighede en dronkpartytjies, seksuele losbandigheid en goddeloosheid, ’n bakleiery en jaloesie is nou heeltemal ontoelaatbaar.