ROMEINE 12:16
ROMEINE 12:16 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet altyd gereed wees om saam te werk met mekaar. Julle moenie dink dat julle baie belangrik is en dat julle nie by mense kan wees wat nie so belangrik soos julle is nie. Julle moenie dink julle weet alles nie.
ROMEINE 12:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie
ROMEINE 12:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees nie.
ROMEINE 12:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wees eensgesind onder mekaar; moenie hoogmoedig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie wys wees in julle eie oë nie.
ROMEINE 12:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wees eensgesind onder mekaar. Moenie let op hoë dinge nie, maar neerbuig teenoor mense met 'n lae eiendom. Wees nie wys in jou eie voorstellings nie.