ROMEINE 11:8
ROMEINE 11:8 Bybel vir almal (ABA)
Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: God het hulle mense gemaak wat niks kan doen nie, Hy het vir hulle oë gegee wat nie sien nie en ore wat nie hoor nie. Dit is vandag nog dieselfde.
ROMEINE 11:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Soos geskrywe is: God het hulle gegee 'n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe.
ROMEINE 11:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
soos daar geskrywe staan: “God het aan hulle 'n gees gegee wat hulle bedwelm het: oë wat nie sien nie en ore wat nie hoor nie, tot vandag toe nog.”
ROMEINE 11:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
soos daar geskryf staan: “God het aan hulle 'n trae gees gegee, oë wat nie sien nie, en ore wat nie hoor nie, tot op die dag van vandag.”
ROMEINE 11:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soos geskrywe is: God het hulle 'n gees van sluimering gegee, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe.