ROMEINE 11:25 - Compare All Versions

ROMEINE 11:25 ABA (Bybel vir almal)

Vriende, ek wil hê julle moet weet wat God voorheen besluit het en wat Hy nou vir ons gesê het. Julle moenie dink julle weet alles nie. Party Israeliete is nou hardkoppig en hulle wil nie in Christus glo nie. Dit sal so wees totdat God al die heidene gered het wat Hy wil red.

ROMEINE 11:25 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het

ROMEINE 11:25 AFR83 (Afrikaans 1983)

Ons staan hier voor 'n geheimenis, broers, en ek wil hê julle moet weet wat dit is, sodat julle nie te selfversekerd sal wees nie. Die verharding het oor 'n deel van Israel gekom en duur totdat die volle getal uit die heidennasies in die koninkryk ingegaan het

ROMEINE 11:25 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Om te voorkom dat julle eiewys sal wees, broers, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees oor hierdie misterie nie: Daar het gedeeltelik 'n verharding oor Israel gekom, totdat die volle getal van die heidene ingekom het.

ROMEINE 11:25 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid onkundig moet wees nie, sodat julle nie in jul eie voorstellings wys word nie; dat blindheid ten dele met Israel gebeur het, totdat die volheid van die heidene ingegaan het.

ROMEINE 11:25 DB (Die Boodskap)

My broers en susters, ek wil hê dat julle goed moet begryp hoe God se plan werk. As julle verkeerd oor Israel oordeel, dink julle kort voor lank dat julle belangriker as hulle is. Daarom wil ek nou ’n paar van God se geheime met julle deel. Wel, julle weet dat baie Israeliete se harte kliphard is, want hulle weier om in God te glo.

ROMEINE 11:25 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ek wil graag aan julle ’n geheim vertel, broers en susters, wat God aan my bekendgemaak het. Ek doen dit om te voorkom dat julle te slim in julle eie oë word. Dit gaan daaroor dat die verharding net vir ’n beperkte tyd oor Israel gekom het totdat die volle getal uit die nie-Joodse nasies onder die koningsheerskappy van God gekom het.