ROMEINE 11:24
ROMEINE 11:24 Bybel vir almal (ABA)
Julle wat heidene is, is soos takke van 'n wilde olyfboom. Wilde takke groei nie maklik op 'n mak olyfboom nie, maar God het vir julle afgekap en Hy het julle ingeënt op 'n mak olyfboom. Daarom sal dit vir God baie makliker wees om die Israeliete weer aan te neem, want hulle is soos die takke wat maklik weer vasgroei aan die boom van waar dit kom.
ROMEINE 11:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word?
ROMEINE 11:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
As God jou uit die wilde olyf, waar jy van nature hoort, kon uitkap en teen jou natuur in op die mak olyf kon ent, hoeveel te meer sal Hy die mak takke op hulle ou boom ent.
ROMEINE 11:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want as jy uitgekap is uit wat van nature 'n wilde olyfboom was, en jy teen jou natuur op die mak olyf oorgeënt kon word, hoeveel te meer sal die natuurlike takke nie op hulle eie olyfboom teruggeënt kan word nie!
ROMEINE 11:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want as jy uit die olyfboom uitgekap is wat van nature wild is, en teen die natuur in 'n goeie olyfboom geënt is, hoeveel te meer sal hierdie, wat die natuurlike takke is, op hul eie olyfboom geënt word?
ROMEINE 11:24 Die Boodskap (DB)
Daar is tog goeie nuus vir die dooie lote, vir Israeliete wat nie in Christus glo nie. As hulle tot bekering kom, sal hulle dadelik weer in die olyfboom ingeënt word. God het die krag om dit te doen. Hy alleen kan dooie lote weer laat leef. Immers, as God vir jou wat ’n wildeolyftak is, so suksesvol op sy olyfboom kon inent, is dit mos geen probleem vir Hom om daardie olyftakke wat afgebreek is ook weer op die olyfboom in te ent nie.
ROMEINE 11:24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Want as God bereid was om julle, wat van nature takke van die wilde olyf was, af te sny en julle op die mak olyf oor te ent – wat ’n baie ongewone ding was om te doen – hoeveel eerder sal Hy nie die Jode wil terug-ent op die boom waar hulle hoort nie!