ROMEINE 11:20
ROMEINE 11:20 Bybel vir almal (ABA)
Ja, dit is waar. Maar julle moet onthou dat God die mak takke, die Israeliete, afgebreek het omdat hulle nie in Christus glo nie. Julle wat heidene is, het vasgegroei aan die boom omdat julle in Christus glo. Daarom moet julle nie hoogmoedig wees nie. Nee, julle moet vir God respekteer en Hom dien.
ROMEINE 11:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees.
ROMEINE 11:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dis waar. Hulle is uitgekap omdat hulle nie geglo het nie; jy is daar geënt omdat jy glo. Moenie daaroor hoogmoedig wees nie; hou rekening met God
ROMEINE 11:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Goed en wel. Dit is deur hulle ongeloof dat hulle uitgebreek is. Maar jy is daar deur jou geloof. Moenie hooghartig wees nie , maar wees vol ontsag.
ROMEINE 11:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wel; vanweë ongeloof is hulle afgebreek, en jy staan deur die geloof. Wees nie hoogmoedig nie, maar vrees