ROMEINE 11:1-2
ROMEINE 11:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Iemand sal miskien vra: “Het God sy volk gelos?” Nee, nooit nie. Julle moet onthou, ek is ook 'n Israeliet, ek is van die nageslag van Abraham. Ek behoort aan die Benjamin-stam. God het nie sy volk gelos nie. Hy het hulle gekies om aan Hom te behoort. Hy het hulle gekies voordat Hy alles gemaak het. Julle moet onthou wat die Ou Testament oor Elia sê. Elia het by God gekla oor die Israeliete. Elia het gesê
ROMEINE 11:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EK vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook 'n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin. God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie? — hoe hy by God optree teen Israel en sê
ROMEINE 11:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Het God dan nie tog sy volk verstoot nie?” sou iemand kon vra. Beslis nie! Ek is immers self ook 'n Israeliet, 'n afstammeling van Abraham, uit die stam Benjamin. God het sy volk, wat Hy lank tevore verkies het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif sê van Elia nie, hoe hy by God oor Israel gekla het
ROMEINE 11:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
My vraag is dan: “Het God dalk sy volk verstoot?” Hoegenaamd nie! Ek is tog ook 'n Israeliet, uit die nageslag van Abraham, uit die stam van Benjamin. “God het nie sy volk verstoot” wat Hy reeds tevore gekies het nie. Of weet julle nie wat die Skrif oor Elia sê nie, hoe hy hom op God beroep het teen Israel?
ROMEINE 11:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek sê dan: Het God sy volk verstoot? Die Here behoed. Want ek is ook 'n Israeliet, uit die nageslag van Abraham, uit die stam van Benjamin. God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verwerp nie. Weet julle nie wat die Skrif van Elia sê nie? hoe hy by God teen Israel intree deur te sê
ROMEINE 11:1-2 Die Boodskap (DB)
Het God Israel afgeskryf? Nee, glad nie. Ek self is die bewys dat dit nie waar is nie. Ek is immers ook ’n Israeliet, ’n lid van Abraham se nageslag, uit die stam van Benjamin. Maar die belangrikste bewys dat God nie sy rug vir Israel gedraai het nie, is Hy self. Hy het Hom lank gelede aan Israel bekendgemaak. En Hy is nog heeltyd by hulle. Onthou julle die keer toe Elia oor hierdie einste Israeliete by God gaan kla het?
ROMEINE 11:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
My volgende vraag sou wees: Dit beteken tog seker nie dat God sy volk, die Jode, verstoot het nie? Natuurlik nie! Ek is mos ook ’n Israeliet, uit die nageslag van Abraham, uit die stam van Benjamin. Nee, God het nie sy volk verstoot wat Hy van die begin af uitverkies het nie. Onthou julle nie wat die Skrif sê in die gedeelte oor Elia nie? Hoe hy hom teen Israel op God beroep het