ROMEINE 10:3
ROMEINE 10:3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Want hulle ignoreer die vryspraak van God en hulle streef daarna om self hulle saak met God reg te maak. Hulle is nie bereid om God se vryspraak te aanvaar nie.
ROMEINE 10:3 Bybel vir almal (ABA)
Hulle weet nie dat God mense vryspreek omdat hulle in Christus glo nie. Hulle wil nie hê God moet hulle vryspreek soos Hy dit wil doen nie, hulle wil hê God moet hulle vryspreek oor wat hulle self doen.
ROMEINE 10:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie.
ROMEINE 10:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het hulle nie gesteur aan die manier waarop God mense vryspreek nie. Hulle wil niks van God se manier van vryspraak weet nie; hulle probeer dit op hulle eie manier kry.
ROMEINE 10:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Omdat hulle die •geregtigheid wat van God af kom, nie begryp nie, en probeer om hulle eie geregtigheid tot stand te bring, het hulle hulle nie onderwerp aan die geregtigheid wat van God af kom nie.
ROMEINE 10:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want omdat hulle die geregtigheid van God onkundig was en besig was om hulle eie geregtigheid te vestig, het hulle hulle nie aan die geregtigheid van God onderwerp nie.
ROMEINE 10:3 Die Boodskap (DB)
Hulle het God se manier van vryspraak verwerp en toe probeer om deur al die goeie dinge wat hulle doen self hulle verhouding met God in orde te kry. Maar dit werk nie so nie. Omdat hulle hulle nie aan God se plan van verlossing onderwerp het nie, het hulle sy vryspraak misgeloop.