ROMEINE 10:20
ROMEINE 10:20 Bybel vir almal (ABA)
En later het Jesaja dit reguit gesê. Hy het gesê dat God sê: Ek het mense na My toe laat kom wat My nie gesoek het nie, Ek het verskyn aan mense wat nie gevra het waar Ek is nie.
ROMEINE 10:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jesaja durf selfs sê: Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek het verskyn aan die wat na My nie gevra het nie.
ROMEINE 10:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
En Jesaja gaan selfs verder. Daar sê God: “Ek het My laat vind deur mense wat My nie gesoek het nie, Ek het verskyn aan mense wat nie na My gevra het nie.”
ROMEINE 10:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En Jesaja gaan selfs so ver om te sê: “Ek is gevind deur diegene wat nie na My gesoek het nie; Ek het verskyn aan diegene wat nie na My gevra het nie.”
ROMEINE 10:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Jesaja was baie vrymoedig en sê: Ek is gevind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek is geopenbaar aan die wat nie na My gevra het nie.