ROMEINE 10:19
ROMEINE 10:19 Bybel vir almal (ABA)
Ek vra: Het die Israeliete die boodskap verstaan? Ja, hulle hét dit verstaan, want Moses het lank gelede gesê dat God sê: Ek sal julle jaloers maak op 'n volk wat nie regtig 'n volk is nie, en Ek sal julle kwaad maak vir 'n volk wat niks verstaan nie.
ROMEINE 10:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar ek vra: Het Israel dit miskien nie verstaan nie? Ten eerste sê Moses: Ek sal julle jaloers maak op dié wat geen volk is nie, en Ek sal julle toorn opwek teen 'n onverstandige volk.
ROMEINE 10:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Of 'n ander vraag: Het Israel dit dan nie verstaan nie? In die eerste plek wys ek op wat God deur Moses sê: “Ek gaan julle jaloers maak op mense wat nie 'n volk is nie, en julle kwaad maak oor 'n volk wat nie julle kennis het nie.”
ROMEINE 10:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek vra weer: “Het Israel dit dan nie verstaan nie?” Eers sê Moses: “Ek gaan julle jaloers maak op mense wat geen volk is nie; oor 'n onkundige volk gaan Ek julle kwaad maak.”
ROMEINE 10:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar ek sê: Het Israel dit nie geweet nie? Eers het Moses gesê: Ek sal julle jaloers maak deur die wat geen volk is nie, en deur 'n dwase nasie sal Ek julle toornig maak.
ROMEINE 10:19 Die Boodskap (DB)
Waar lê die fout dan? Het Israel nie verstaan waaroor dit alles gaan nie? Luister na wat God deur sy kneg Moses hieroor sê: “Ek gaan julle nog baie jaloers maak op daardie mense op wie julle nou neersien. Wanneer julle sien hoe hulle in My glo, selfs al ken hulle My nie so goed soos julle nie, sal julle ontplof van woede.”