ROMEINE 10:16-17
ROMEINE 10:16-17 Bybel vir almal (ABA)
Maar die Israeliete het nie almal geglo nie. Daarom vra Jesaja: Here, wie het ons boodskap geglo? Mense kan net glo as hulle die boodskap gehoor het, en die boodskap wat hulle moet hoor, is die boodskap oor Christus.
ROMEINE 10:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja sê: Here, wie het ons prediking geglo? Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
ROMEINE 10:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Israeliete het egter nie almal aan die goeie boodskap gehoor gegee nie. Jesaja sê immers: “Here, wie het die prediking geglo wat ons gehoor het?” Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.
ROMEINE 10:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nie almal het egter aan die goeie boodskap gehoor gegee nie. Jesaja vra immers: “Here, wie het geglo toe hulle ons gehoor het?” Die geloof kom dus uit die aanhoor, en die aanhoor kom deur die verkondiging van Christus.
ROMEINE 10:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie. Want Jesaja sê: Here, wie het ons gerug geglo? Geloof is dus uit die gehoor en die gehoor is deur die woord van God.
ROMEINE 10:16-17 Die Boodskap (DB)
Nie almal glo egter hierdie goeie nuus nie. Daarom het Jesaja op ’n dag gevra: “Here, wat help dit dat ons vir ander mense van U vertel? Hulle glo dit tog nie.” Nogtans moet die Woord van die Here bekendgemaak word. Mense kan net tot geloof kom as hulle die Woord hoor. Daarom maak ek die boodskap van Christus oral bekend sodat mense ’n kans kan kry om dit te hoor.
ROMEINE 10:16-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar tog is dit nie elkeen wat die Goeie Nuus verwelkom nie. Jesaja vra tereg: “Here, wie het ons boodskap geglo?” Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus.