ROMEINE 10:1 - Compare All Versions

ROMEINE 10:1 ABA (Bybel vir almal)

Vriende, ek wens en bid dat God die Israeliete sal red.

ROMEINE 10:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

BROEDERS, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding.

ROMEINE 10:1 AFR83 (Afrikaans 1983)

Broers, my hartewens en my gebed tot God vir my volk is dat hulle gered word

ROMEINE 10:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Broers, my hartewens en my gebed tot God vir my volk is dat hulle verlos mag word.

ROMEINE 10:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Broeders, my hartsbegeerte en gebed tot God vir Israel is dat hulle gered mag word.

ROMEINE 10:1 DB (Die Boodskap)

My broers en susters, ek het een groot wens: dat God Israel sal verlos. Dag en nag bid ek dat dit sal gebeur.

ROMEINE 10:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Broers en susters, die intense verlange van my hart en my gebed tot God is dat my volk verlos sal word.