ROMEINE 1:3-4
ROMEINE 1:3-4 Bybel vir almal (ABA)
die goeie boodskap oor sy Seun. Die Seun het mens geword, en Hy was van die nageslag van Dawid. Die Seun het gesterf, maar God het Hom weer laat lewe. Daarom het die Heilige Gees gesê Christus is die Seun van God wat alles kan doen. Ja, Hy is Jesus Christus ons Here.
ROMEINE 1:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here
ROMEINE 1:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
en dit handel oor sy Seun. As mens is Hy uit die geslag van Dawid gebore; op grond van sy opstanding uit die dood is Hy deur die Heilige Gees aangewys as die Seun van God wat met mag beklee is, Jesus Christus ons Here.
ROMEINE 1:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
aangaande sy Seun – wat na die liggaam uit die nageslag van Dawid gebore is, wat na die Gees van heiligheid op grond van sy opstanding uit die dood kragtig aangedui is as die •Seun van God – Jesus Christus, ons Here
ROMEINE 1:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
aangaande sy Seun, Jesus Christus, onse Here, wat na die vlees gemaak is uit die geslag van Dawid; en met krag verklaar is dat hy die Seun van God is, volgens die gees van heiligheid, deur die opstanding uit die dode
ROMEINE 1:3-4 Die Boodskap (DB)
Dit handel oor God se Seun, Jesus Christus. Hy is ons Here. Hy kom uit die nageslag van Dawid. Toe Jesus na sy kruisiging uit die dood opgestaan het, het die Heilige Gees aan Hom die heel belangrikste posisie in die hemel gegee. Hy is daar in die hemel triomfantlik as die Seun van God aangewys. Daarom besit Hy nou al die mag in die hemel en op die aarde.
ROMEINE 1:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit gaan oor sy Seun, Jesus Christus. Wat sy menslikheid betref, is Hy uit die nageslag van Dawid gebore. Wat sy heilige Goddelikheid betref – sy opstanding uit die dood het kragdadig bevestig dat Hy die Seun van God is. Wat meer is, Hy is ook ons Here!