ROMEINE 1:28
ROMEINE 1:28 Bybel vir almal (ABA)
Hulle wil nie vir God ken en Hom dien nie. Daarom los God hulle sodat hulle slegte dinge kan dink en dinge kan doen wat mense nie moet doen nie.
ROMEINE 1:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan 'n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie
ROMEINE 1:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
En omdat hulle dit van geen belang ag om God te ken nie, gee Hy hulle oor aan hulle verdraaide opvattings, sodat hulle doen wat onbetaamlik is.
ROMEINE 1:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En omdat hulle dit as verwerplik beskou het om aan God erkenning te gee, het God hulle oorgegee aan 'n verwerplike denkwyse, sodat hulle onbetaamlik optree.
ROMEINE 1:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En selfs omdat hulle nie daarvan gehou het om God in hulle kennis te behou nie, het God hulle oorgegee aan 'n verworpe gesindheid, om die dinge te doen wat nie gerieflik is nie