ROMEINE 1:27 - Compare All Versions
ROMEINE 1:27 ABA (Bybel vir almal)
Die mans doen ook verkeerd. Mans het gewoonlik seks met vroue, maar party mans doen dit nie. Hulle wil baie graag seks hê met ander mans, en dan doen hulle dinge met mekaar waaroor mense skaam moet wees. Dit is verkeerd, en daarom straf God hulle, Hy los hulle sodat hulle kan aanhou om hierdie slegte dinge te doen.
ROMEINE 1:27 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.
ROMEINE 1:27 AFR83 (Afrikaans 1983)
Net so laat vaar die mans ook die natuurlike omgang met die vrou en brand van begeerte vir mekaar. Mans pleeg skandelikhede met mans en bring oor hulleself die verdiende straf vir hulle perversiteit.
ROMEINE 1:27 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Net so het ook die mans die natuurlike seksuele omgang met die vrou laat vaar en vurig begin brand van begeerte na mekaar; mans het met mans skandelikheid bedryf en in hulleself die verdiende loon vir hulle afwyking ontvang.
ROMEINE 1:27 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En net so het ook die mans, wat die natuurlike gebruik van die vrou verlaat het, in hulle begeerlikheid die een na die ander verbrand; manne saam met manne wat ontoepaslik werk, en in hulleself die vergelding van hulle dwaling ontvang wat gegrond was.
ROMEINE 1:27 DB (Die Boodskap)
Die mans het presies dieselfde gedoen. Hulle het ook hulle normale seksuele gemeenskap met vroue laat staan omdat hulle vreemde seksuele gemeenskap met ander mans wou hê. As gevolg daarvan het hulle allerhande skandelike dade met mekaar begin pleeg. Maar hulle het ’n baie duur prys daarvoor betaal. God het hulle gestraf deur hulle aan hulleself oor te laat.
ROMEINE 1:27 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Op dieselfde manier het die mans die natuurlike manier om seksueel te verkeer prysgegee en ’n brandende begeerte na mekaar begin koester. Mans het skandelike dade met mekaar bedryf. Gevolglik moes hulle in hulle eie persoon die duur prys vir hulle perversiteit betaal.