ROMEINE 1:25
ROMEINE 1:25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hulle het immers so ver gegaan om die ware kennis van God te verkwansel vir die leuen en God se handewerk te vereer en te dien in plaas van die Skepper self – dié God wat vir ewig geprys behoort te word. Amen!
ROMEINE 1:25 Bybel vir almal (ABA)
Hulle glo nie die waarheid van God nie, hulle kies om hulle eie leuens te glo. God het alles gemaak, maar hulle aanbid en dien die dinge wat Hy gemaak het, hulle aanbid nie vir God nie, God vir wie almal altyd moet prys. Amen.
ROMEINE 1:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.
ROMEINE 1:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen. Hulle dien en vereer die skepsel in plaas van die Skepper, aan wie die lof toekom vir ewig. Amen.
ROMEINE 1:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
– hulle wat die waarheid van God vir die leuen verruil het en geskape wesens aanbid en gedien het in plaas van die Skepper, wat tot in ewigheid lofwaardig is. Amen.
ROMEINE 1:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
wat die waarheid van God in 'n leuen verander het en die skepsel meer aanbid en gedien het as die Skepper, wat tot in ewigheid geseën is. Amen.
ROMEINE 1:25 Die Boodskap (DB)
En dit net omdat hulle die waarheid verruil het vir ’n spul leuens. In plaas daarvan dat hulle voor die Skepper buig, verkies hulle om voor hulle eie handewerk te buig. Dit is ’n groot fout. Daar is immers maar net een God wat tot in alle ewigheid aanbid moet word.