ROMEINE 1:2-3
ROMEINE 1:2-3 Bybel vir almal (ABA)
God het lank gelede vir die profete gesê hulle moet in die Ou Testament skryf dat Hy vir die mense die goeie boodskap belowe, die goeie boodskap oor sy Seun. Die Seun het mens geword, en Hy was van die nageslag van Dawid.
ROMEINE 1:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte, aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid
ROMEINE 1:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hierdie evangelie het Hy vooruit deur sy profete in die Heilige Skrif aangekondig, en dit handel oor sy Seun. As mens is Hy uit die geslag van Dawid gebore
ROMEINE 1:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
wat Hy reeds tevore deur sy profete in die heilige Skrifte beloof het aangaande sy Seun – wat na die liggaam uit die nageslag van Dawid gebore is
ROMEINE 1:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
(Wat Hy vooraf deur sy profete in die Heilige Skrifte beloof het) aangaande sy Seun, Jesus Christus, onse Here, wat na die vlees gemaak is uit die geslag van Dawid
ROMEINE 1:2-3 Die Boodskap (DB)
Hierdie goeie nuus is al lankal deur God se boodskappers in die Bybel neergeskryf. Dit handel oor God se Seun, Jesus Christus. Hy is ons Here. Hy kom uit die nageslag van Dawid.
ROMEINE 1:2-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierdie Goeie Nuus het Hy reeds lank gelede deur sy profete in die Skrif beloof. Dit gaan oor sy Seun, Jesus Christus. Wat sy menslikheid betref, is Hy uit die nageslag van Dawid gebore. Wat sy heilige Goddelikheid betref – sy opstanding uit die dood het kragdadig bevestig dat Hy die Seun van God is. Wat meer is, Hy is ook ons Here!