ROMEINE 1:11-12
ROMEINE 1:11-12 Bybel vir almal (ABA)
Ek wil graag na julle toe kom. Ek wil vir julle 'n genadegawe van die Heilige Gees kom gee sodat julle geloof sterker kan word. Dan sal julle mý geloof sterker maak, en ek sal júlle geloof sterker maak.
ROMEINE 1:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word; dit is, dat ek saam bemoedig kan word onder julle deur die gemeenskaplike geloof, van julle sowel as van my.
ROMEINE 1:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sien baie daarna uit om julle te besoek, want ek wil 'n geestelike gawe aan julle oordra om julle te versterk. Ek bedoel dat, as ek by julle is, ons deur mekaar se geloof bemoedig kan word, ek deur julle s'n en julle deur myne.
ROMEINE 1:11-12 Die Boodskap (DB)
Ek wil julle baie graag persoonlik ontmoet. Ek het die wonderlikste geestelike geskenke uit God se hand ontvang waarin ek julle wil laat deel. Dit sal julle geloof sterker maak. Ek wil graag ook iets van julle ontvang: julle groot geloof kan my aanspoor om nog harder vir die Here te werk. So kan ons mekaar help om die Here nog beter te dien.