ROMEINE 1:1 - Compare All Versions
ROMEINE 1:1 ABA (Bybel vir almal)
Ek, Paulus, skryf hierdie brief vir julle. Ek is 'n dienaar van Christus Jesus. Christus het my gekies om 'n apostel te wees en Hy het vir my die werk gegee om die goeie boodskap van God te bring.
ROMEINE 1:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
PAULUS, 'n dienskneg van Jesus Christus, 'n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God
ROMEINE 1:1 AFR83 (Afrikaans 1983)
Van Paulus, 'n dienaar van Christus Jesus, geroep om apostel te wees, afgesonder vir die evangelie van God.
ROMEINE 1:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Paulus, 'n dienskneg van •Christus Jesus, 'n geroepe •apostel, afgesonder vir die evangelie van God
ROMEINE 1:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Paulus, 'n dienskneg van Jesus Christus, geroep om 'n apostel te wees, afgesonder vir die evangelie van God
ROMEINE 1:1 DB (Die Boodskap)
Van Paulus. Ek dien Christus Jesus. Hy het my aangestel as apostel. Dit is my taak om God se goeie nuus oral bekend te maak.
ROMEINE 1:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hierdie brief kom van Paulus. Ek is ’n dienskneg van Christus Jesus. Hy het my geroep om sy apostel te wees. Ek is afgesonder om God se Goeie Nuus te verkondig.