DIE OPENBARING 8:5
DIE OPENBARING 8:5 Bybel vir almal (ABA)
Toe het die engel die wierook-pan geneem. Hy het vuur van die altaar geneem en hy het die wierook-pan vol vuur gemaak. Toe het hy die vuur op die aarde gegooi, en daar was baie donderweer en weerlig en 'n aardbewing, dit het baie geraas.
DIE OPENBARING 8:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing.
DIE OPENBARING 8:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het die engel die wierookbak geneem, dit met die vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde uitgegooi. Daar het donderslae, dreunings, weerligstrale en 'n aardbewing gekom.
DIE OPENBARING 8:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die engel het toe die wierookbak geneem, dit met vuur van die altaar af gevul, en dit op die aarde uitgegooi. En daar was donderslae, dreunings, weerligstrale en 'n aardbewing.
DIE OPENBARING 8:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar gevul en dit op die aarde gegooi, en daar was stemme en donderslae en weerligstrale en 'n aardbewing.