Openbaring Openbaring 8

Openbaring 8
Die sewende seël word oopgemaak. Sewe engele met sewe basuine. Die eerste vier basuine
1En toe Hy die sewende seël oopgemaak het, was daar stilte in die hemel omtrent 'n halfuur lank.
2En ek het die sewe engele gesien wat voor God gestaan het; en aan hulle is sewe basuine gegee.
3En 'n ander engel het gekom en by die altaar gaan staan met 'n goue wierookbak; en baie reukwerk is aan hom gegee om dit saam met die gebede van al die heiliges te bring op die goue altaar wat voor die troon was.
4En die rook van die reukwerk wat saam met die gebede van die heiliges gekom het, het uit die hand van die engel voor God opgestyg.
5En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar gevul en dit op die aarde gegooi, en daar was stemme en donderslae en weerligstrale en 'n aardbewing.
6En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas.
7Die eerste engel het geblaas, en hael en vuur het met bloed gemeng gevolg, en dit is op die aarde gegooi, en die derde deel van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand.
8En die tweede engel het geblaas, en soos 'n groot berg wat brand van vuur is in die see gegooi, en die derde deel van die see het bloed geword;
9En die derde deel van die wesens wat in die see was en lewe gehad het, het gesterwe; en die derde deel van die skepe is vernietig.
10En die derde engel het geblaas, en daar het 'n groot ster uit die hemel geval wat soos 'n lamp brand, en dit het geval op 'n derde van die riviere en op die waterfonteine;
11En die naam van die ster word genoem Als, en die derde deel van die water het als geword; en baie mense het gesterwe van die waters, omdat hulle bitter geword het.
12En die vierde engel het geblaas, en die derde deel van die son is geslaan, en die derde deel van die maan en die derde deel van die sterre; sodat die derde deel van hulle verduister was, en die dag vir 'n derde deel daarvan nie geskyn het nie, en ook die nag.
13En ek het gesien en gehoor 'n engel wat deur die middel van die hemel vlieg en met 'n groot stem sê: Wee, wee, wee die bewoners van die aarde vanweë die ander stemme van die basuin van die drie engele wat nog moet blaas!

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid