DIE OPENBARING 22:2
DIE OPENBARING 22:2 Bybel vir almal (ABA)
Die rivier het gevloei in die middel van die straat. Die bome van die lewe het gestaan langs altwee kante van die rivier. Die bome het twaalf soorte vrugte gedra, hulle het elke maand vrugte gedra. Die volke gebruik die bome se blare om gesond te word.
DIE OPENBARING 22:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.
DIE OPENBARING 22:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke maand lewer hy sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies.
DIE OPENBARING 22:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In die middel, met die hoofstraat aan die een kant en die rivier aan die ander kant, staan die boom van die lewe, wat twaalf keer vrugte dra – elke maand dra dit vrug. En die blare van die boom bring genesing vir die nasies.
DIE OPENBARING 22:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In die middel van die straat en aan weerskante van die rivier was daar die boom van die lewe wat twaalf soorte vrugte dra en elke maand sy vrugte dra; en die blare van die boom was vir die genesing van die nasies.
DIE OPENBARING 22:2 Die Boodskap (DB)
Dit loop in die middel van die straat langs. Die boom wat lewe gee, was aan weerskante van die stroom geplant. Die boom het twaalf soorte vrugte gedra, een soort elke maand van die jaar. Daar was dus altyd genoeg vrugte om te eet. Selfs die blare van die boom het mense van hulle sondes en skuld genees. Daar sal nie ’n enkele ding oorbly waarmee God ontevrede is nie.