DIE OPENBARING 21:16
DIE OPENBARING 21:16 Bybel vir almal (ABA)
Die stad was vierkantig: dit was so lank soos dit breed was. Die engel het die stad gemeet: dit was 12 000 stadioi lank en 12 000 stadioi breed en 12 000 stadioi hoog.
DIE OPENBARING 21:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend-vyfhonderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk.
DIE OPENBARING 21:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die stad is vierkantig, net so lank as wat hy breed is. Hy het die stad toe met die meetstok gemeet. Die lengte, die breedte en die hoogte daarvan is dieselfde, twaalf duisend kilometer.