DIE OPENBARING 18:21
DIE OPENBARING 18:21 Bybel vir almal (ABA)
'n Sterk engel het 'n klip opgetel, die klip het soos 'n groot maalklip gelyk. Hy het die klip in die see gegooi en gesê: “God sal vir Babilon ook so gooi! Sy sal hard val, en die mense sal haar nooit weer sien nie!
DIE OPENBARING 18:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En een sterk engel het 'n klip opgetel soos 'n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê: So, met 'n vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie.
DIE OPENBARING 18:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het 'n sterk engel 'n groot klip, so groot soos 'n meulsteen, gevat en dit in die see gegooi en gesê: “So, met geweld, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word, en niemand sal hom ooit weer kry nie.
DIE OPENBARING 18:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het een sterk engel 'n klip, soos 'n groot maalklip van 'n donkie, opgetel en dit in die see gegooi en gesê: “Net so, met geweld, sal die groot stad Babilon neergegooi word, en sy sal nooit weer gevind word nie.
DIE OPENBARING 18:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En 'n magtige engel het 'n klip opgetel soos 'n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê: So sal die groot stad Babel met geweld neergewerp word en glad nie meer gevind word nie.